top of page
marlo_vacancies_icon_grey.png

Vakante Poste

Ons het tans een vakante pos beskikbaar:

KREDITEURE/DEBITEURE KLERK

 

Ons het 'n vakature beskikbaar vir 'n betroubare en detail-georiënteerde Debiteure/Kredieteursklerk om by ons finansiële span aan te sluit. Ons kantore is ongeveer 20 km vanaf Polokwane (op die Dendronpad) geleë. 


Die ideale kandidaat moet oor goeie kommunikasie- en administratiewe vaardighede beskik en sal 'n deurslaggewende rol speel in die bestuur van die finansiële transaksies van die maatskappy, om akkuraatheid en nakoming van ons beleide en prosedures te verseker.


VEREISTES:

  • Minstens 5 Jaar bewese ondervinding as Krediteure/Debiteureklerk

  • Goeie begrip van rekeningkundige beginsels en finansiële regulasies

  • Vaardig in die gebruik van rekeningkundige sagteware, soos Pastel of Sage

  • Ervaring en kennis in MS Office, veral Excel

  • Tweetalig (vaardig in Engels en Afrikaans)

  • Goeie organisering- en tydbestuursvaardighede

  • Detail georiënteerd

  • Effektiewe kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede

  • Moet selfgedissiplineerd en eerlik wees

  • Eie vervoer (die pakhuis is 20km vanaf Polokwane op die Dendronpad)

Werksure is Maandae tot Vrydae, 07:00 – 17:00.

Salaris is markverwant en gebaseer op ondervinding.

 

Indien jy aan die vereistes vir hierdie pos voldoen en aansoek wil doen, e-pos jou CV na marlo@marlofarms.co.za om ons voor of op 24 November 2023 te bereik.


Indien jy nie teen 8 Desember terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat jou aansoek onsuksesvol was.


BELANGRIK: Maak seker dat kontakbare verwysings ingesluit is.

bottom of page