marlo_vacancies_icon_grey.png

Vakante Poste

Ons het tans een vakante pos beskikbaar:

Plaasbestuurder: Tamatieverbouing 

 

Tipe: Voltyds


Salaris: Gebaseer op ervaring 

Plek: Bochum/Dendron 


Ons is opsoek na 'n kundige plaasbestuurder om ons Tamatieverbouing in Bochum/Dendron te bestuur. Die pos behels toesig oor alle fasette van die boerdery, insluitende plant, bemesting en oes, sowel as toesig oor die arbeidsmag, toerusting en materiaal wat verband hou met die bedrywighede. 


Vereistes:

  • Boerdery ondervinding is verpligtend

  • Ondervinding in die verbouing van groente

  • Bereidwilligheid om lang ure te werk

  • Kwaliteit en detail gerig

  • Die vermoë om 'n span effektief te bestuur

  • Uitstekende kommunikasie- en mensvaardighede

  • Onafhanklike werker wat op sy/haar voete kan dink

  • Kennis van Microsoft Office-programme

Indien u wil aansoek doen vir die posisie, stuur asseblief die volgende aan marlo@marlofarms.co.za om ons voor of op 31 Maart 2021 te bereik:

  • Volledige CV met kontakbare verwysings

  • Kennistydperk by huidigewerk


As u nie binne twee weke na die sluitingsdatum terugvoering ontvang het nie, beskou asseblief u aansoek as onsuksesvol.