top of page
MArlo Roses Icon

MARLO ROSE

In 1993 het 'n groep van 10 boere uit verskillende provinsies bymekaar gekom om die moontlikheid van die kweek van snyrose in tonnels te ondersoek en die produk na verskillende lande uit te voer. Deur harde werk en baie navorsing is Marlo Rose gestig, en in 1994 is die eerste verkoop oor grense gefasiliteer.

Die Marlo Rose afdeling, wat deur Louis de Wet en sy span bestuur word, verskaf rose aan plaaslike entiteite soos Multiflora. Dit word ook deur Uniflo aan grootmaatverskaffers, soos Woolworths, bemark.

Ons hersien voortdurend ons verskeidenheid rose, deur gereelde internasionale reise na vooraanstaande roosteelers en deur op hoogte te bly van die nuutste vordering. Marlo is trots om deel te wees van rooskwekers wat verskillende veriteite van rose vir spesifieke Nederlandse telers help toets.

PRESISIE LEI TOT
VOLMAAKTHEID BY MARLO ROSE

Marlo Rose word vakkundig gegroei in temperatuur beheerde kweekhuise deur verkoeling met 'n waterpanele en waaiers in die somer, en verwarming met 'n ketel in die winter. Dit verseker dat ons die hele jaar deur die beste gehalte vars rose kan lewer. Rose word twee tot drie keer per dag gesny gedurende die somermaande en een of twee keer per dag in die winter. Snyrose word na ‘n koelkamer vervoer en vir 24 uur verkoel by 'n temperatuur van tussen twee en vier grade. Daarna word die rose volgens Woolworths, Uniflo en ander plaaslike verskaffers se bestellings verpak. Die balans van die rose word na die Multiflora blommemark in Johannesburg gestuur.

PRESISIE LEI TOT
PERFEKSIE BY MARLO ROSE

By Marlo Rose is ons geheim om ons uitgebreide kennis van snyrose in Suid-Afrika te kombineer met die beste verskeidenheid kultivars vir ons klimaatstreek.

Ons rose, wat in kweekhuise gekweek word, word gegradeer volgens knopgrootte, knop opening en die lengte van die stam. Hierdie rose word met kundigheid hanteer om te verseker dat daar geen kneusplekke, beskadiging of tekens van plae en siektes voorkom nie, dit verseker dat ons 'n top kwaliteit gesnyde roos in Suid-Afrika kan lewer.

Rose wat van substandaard gehalte is, word óf verkoop as vars roosblare of as tweede graad na die mark gestuur.

Met 'n werksmag van 182 word hierdie werkers deur bestuurders opgelei om die rose korek te sny en te grader. Ons ervare werksmag in die Marlo Rose afdeling is verantwoordelik vir die pluk en streng kwaliteitsbeheer van elke roos wat verkoop word.

PRESISIE LEI TOT
VOLHOUBAARHEID BY MARLO ROSE

Kundiges verseker dat ons rose die korrekte behandeling ontvang deur die water en grond deeglik te analiseer. Ons gebruik hedendaagse tegnologie vir ons water- en klimaatbeheerstelsel, om die hoeveelheid kunsmis en water wat per variteit toegedien word te beheer.

Met 'n geïntegreerde plaagbestuursbenadering maak ons gebruik van geselkteerde predatore om die spinmyt, plantluise en witvliegbevolking te beheer. Hierdie metode beteken dat ons minder insekdoders gebruik, terwyl die gebruik van plaagdoders nie die predatore in die kweekhuis benadeel nie. Deeglike navorsing is deur die nodige owerhede in Suid-Afrika gedoen om seker te maak dat hierdie predatore nie mense of ons inheemse flora en fauna benadeel nie.

As 'n trotse lid van ‘Farming for the Future’, volg ons streng riglyne om rose aan ons kliënte te verskaf op 'n volhoubare wyse. Ons oorweeg al ons aksies, met inagneming van die uitwerking wat dit op ons personeel en die omgewing het.

Alle stappe is geneem om die beste gehalte rose te produseer met die minste hoeveelheid negatiewe impak op die aarde.

LRGBud

GROOT KNOPPE (T-HYBRIDS)

MBud

MIDDELMATIGE ROSE KNOPPE

INTERMEDIATE

MEDIUM KNOPPE

Uniflo Logo

 Uniflo Rose is die bemarkings- en uitvoeragent van Marlo Rose.

ONSE VENNOTE

Marlo Farms Logo

Ons wil graag van u hoor … Kontak ons by Marlo Rose met enige vrae of kommentaar..

bottom of page